Dra jou eie gewig

I’ve been spending more time with Afrikaners in the past weeks. It’s been hard.

Ek voel nostalgies en toe luister ek na Bok van Blerk.

En ek is kwaad.

Ek glo, dat as daar ‘n Atlantis ras is. ‘n Aryan ras is. Dan moet dit Afrikaners wees.

Daai goeie breins ingevoer van Europa af. Daai grit, daai uithouvermoe van op ‘n skip klim en Afrika toe kom, om alles agter te los en oor te begin (geleentheid gryp of uitgeskop notwithstanding). En dan die goeie hope proteine hier te geniet. Dit kan mos net ‘n superras teel.

En dan al daai potentiaal op te fok met julle shortsighted kak.

So toe maak ek maar ‘n rympie:

Jou ousie kan nie meer jou gewig dra nie.
Jou vrou kan nie meer jou gewig dra nie.
Jou dominee kan nie meer jou gewig dra nie.
Jy moet leer om jou gewig te dra.

Jou rugby-seuntjie kan nie meer jou gewig dra nie.
Jou geweer kan nie meer jou gewig dra nie.
Jou brandewyn kan nie meer jou gewig dra nie.

Jy moet leer om jou gewig te dra.

Jou woede, jou skaamte, jou hartseer.
Dit is jou gewig om te dra,
ons kan nie meer nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

HTML Snippets Powered By : XYZScripts.com